God, Sigbaar vir Almal
Manage episode 457689166 series 3072738
Johannes 1:18 Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.
Vir baie mense is God net ‘n terloopse faktor in hul lewens. Miskien dink hulle so nou en dan aan Hom; stuur hulle so af en toe ‘n skietgebedjie op, maar te midde van die gewoel en gewerskaf van die lewe, is dit omtrent al waaruit hul verhouding met God bestaan. Hoe lyk jou verhouding met Hom?
‘n Probleem wat baie mense het om God te leer ken, is die feit dat jy Hom nie kan sien nie. Jy kan nie, soos jy met 'n vriend, op dieselfde, tasbare, fisiese manier gaan sit vir 'n geselsie oor 'n koppie tee of koffie nie.
Niemand het God nog ooit gesien nie, so hoe kan jy jou lewe aan Hom toewy? Hoe kan jy selfs glo wat Hy sê?
Johannes 1:18: Niemand het God ooit gesien nie. Sy enigste Seun, self God, wat die naaste aan die Vader is, dié het Hom bekend gemaak.
Wat sê God hier deur Johannes, een van Jesus se eie dissipels? Wel, hy erken eenvoudig ons probleem. Niemand het God nog ooit gesien nie … behalwe “God die enigste Seun” … behalwe Jesus self.
Dis die rede waarom God vir Jesus gestuur het om 'n mens te word – dit wat ons 'n paar dae gelede met Kersfees herdenk het – Jesus, wat God gesien het, wat self God is, wat ná aan die Vader se hart lê om … God vir ons te wys.
Wil jy weet hoe God is; hoe Hy dink, hoe Hy reageer, wat Hom opgewonde maak, wat Hom kwaad maak, hoe magtig Hy is, hoe vriendelik en liefdevol Hy is? Kyk net na Jesus wat...
God se Woord is. Vars … vir jou … vandag.
1422 episodi