Halleluja
Manage episode 457342737 series 3072738
Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
Hier is ons. Dit is Kersdag. Laat ek dus ons tyd saam afskop deur vir jou en almal vir wie jy lief is, 'n waarlik geseënde Kersfees toe te wens – want wat ook al jou situasie is, wat ook al jou omstandighede is, vandag is 'n ongelooflike spesiale dag ... vir jou.
Nouja, ek weet jy hét al 'n hele paar keer voorheen Kersfees gevier. Miskien word dit selfs 'n bietjie … eentonig. Maar al is Kersfees 'n jaarlikse fees, wat elke jaar op dieselfde datum op die kalender gevier word, is dit soveel meer.
Laat ek jou vra, as God jou aandag wou trek, as Hy met jou wou praat, en as Hy wou hê jy moet weet presies hoe lief Hy jou het, hoe kan Hy dit die beste doen? Hoe sou dit lyk? Wel, dit sal nogal baie soos ‘n Kersfees lyk.
Johannes 1:14 Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.
Waarom verwys Johannes na Jesus as “die Woord”? Want Jesus, die Seun van God, is God wat met ons praat in 'n taal wat ons kan verstaan. Jesus is God wat op 'n diep persoonlike en intieme manier na ons uitreik – na jou en na my – en sê: “Dit is wie Ek is. Dit is hoe lief Ek jou het. Ek het na die aarde gekom sodat jy My kan ken. Sodat jy deur te glo in wat Ek deur my dood aan die Kruis gedoen het, vergewe kan word. Sodat jy deur my opstanding 'n nuwe lewe, 'n oorvloedige lewe, 'n ewige lewe kan hê”.
Jesus is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
1422 episodi