Slaan jou oë Hemelwaarts
Manage episode 458736322 series 3072738
Jesaja 40:26 Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV)
Dis hier! 2025 is hier! Kan ek jou op hierdie eerste dag van die nuwe jaar 'n waarlik geseënde jaar toewens? En, weet jy in hierdie deurmekaar wêreld, het nie een van ons ‘n idee wat hierdie jaar gaan oplewer nie.
Op hierdie dag, presies ‘n 100 jaar gelede, het 'n man genaamd Edwin Hubble, 'n wetenskaplike referaat by 'n obskure konferensie aangebied. Maar, wat net nog 'n gewone dag was, net nog 'n kalenderblaadjie wat omgeblaai is, was op die ou end ‘n dag wat deur die Discover Magazine as "een van die mees buitengewone datums in die geskiedenis van die wetenskap" bestempel is.
Deur noukeurige navorsing en waarneming het Hubble aangekondig dat daar ander sterrestelsels buite ons eie is; dat die Andromeda-nebula of newel, nie bloot nabygeleë gaswolke was nie, maar hele sterrestelsels wat deur die ruimte gewentel het. Dit was letterlik die dag wat die Heelal ontdek is.
Ons kyk op na die miljoen of so sigbare sterre van die Melkweg, en weet dat hulle net 'n handvol van die ontelbare sterre in die heelal is – en ons weet nie eers waar dit eindig nie.
Dit laat ons son, ons aarde, ons lewens, ons probleme so oneindig klein lyk, so ongelooflik onbelangrik, nie waar nie? En weet jy God … God het hulle almal geskep.
Jesaja 40:26 Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV).
Soms kan die jaar 'n bietjie wankelrig begin. Miskien tref ons padblokkades langs die pad. Maar die realiteit is dat die God wat daardie "leërmag" in die lug geskep het; Hy wat elke ster op sy naam ken, dieselfde God is wat jou ongelooflik liefhet. En Hy het die begeerte om jou deur alles wat in jou toekoms oor jou pad kom, te lei.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.
1448 episodi